Nadat Gert Horak sy studies aan die kweekskool voltooi het, het hy tot die voltydse bediening toegetree waarin hy tans oor die 50 jaar diens gehad het.
Tydens hierdie tydperk het hy sy studies aan Unisa voortgesit tot op Meestersvlak waarna hy 'n Doktoraal aan die Universiteit van die Brystaat verwerf het.
Die pennevrug is die gevolg van die jare lange se pastorale bediening, seminare vir gemeentes en predikers asook dosering van Byblestudies en krususse landwyd.
Die feit dat hy self in die pastorale bediening gestaan het, het hom deurentyd gehelp om 'n gesonde balans tussen teorie en praktyk te behou.